Sunday 12 June 2016

Sjokolade beskuitjie fudge blokkies

Ek is seker almal van julle ken hierdie fudge blokkies. Vir my is dit nou die een ding waar sonder ek nie by 'n tuisnywerheid sal uitloop nie!


Bestanddele:

250g margarien 
500g versiersuiker
3e kakoa 
1 teelepel vanieljegeursel
1 groot eier
1 pakkie (200g) Marie beskuitjies

Metode:

1. Krummel die beskuitjies met 'n koekroller tot fyn.
2. Klits die eier en vanieljegeursel saam in 'n bakkie.
3. Smelt die margarien in 'n kastrol, voeg dan die versiersuiker, kakao en geklitste eier by en roer tot glad.
4. Verwyder die mengsel van die hitte en meng die beskuitjies in.
5. Giet die mengsel in 'n gesmeerde oondpan.
6. Plaas in die yskas vir 'n paar uur.
7. Sny in blokkies en geniet! Stoor hierdie blokkies in die yskas.


1 comment:

  1. According to Stanford Medical, It's really the one and ONLY reason this country's women live 10 years longer and weigh on average 19 KG less than us.

    (By the way, it is not about genetics or some secret diet and absolutely EVERYTHING related to "HOW" they eat.)

    P.S, What I said is "HOW", and not "what"...

    TAP this link to find out if this quick test can help you decipher your true weight loss possibility

    ReplyDelete