Saturday 20 August 2016

Gekarameliseerde neute

Hierdie is nou die één ding waar sonder ek nie sommer by 'n markie wegstap nie. Die perfekte balans tussen soet en sout en beslis een van my familie se gunsteling resepte nog. Probeer hierdie resep met enige neute van jou keuse. Ek het cashews, amandels en grondboontjies gebruik.

Bestanddele:

½ koppie suiker
½ koppie bruinsuiker
1 eetlepel kaneel
1 teelepel sout
⅛ teelepel rooipeper
4 koppies ongesoute neute van jou eie keuse
1 eierwit

Metode:

1.       Voorverhit die oond tot 150˚C.
2.       Meng die suiker, bruinsuiker, kaneel, sout en rooipeper saam in ‘n mengbak of ziplock-sakkie.
3.       Gooi die eierwit in ‘n ander mengbak en klits dit effens met ‘n vurk.
4.       Gooi die neute by die eierwit en meng goed totdat al die neute met die eierwit bedek is.
5.       Gooi nou die neute by die droë bestanddele en roer en skud die mengbak of sakkie goed om die neute te bedek.
6.       Bedek ‘n bakplaat met bakpapier en versprei die neute in ‘n enkele laag daarop uit. (As jou bakplaat klein is sal jy twee bakplate nodig hê.)
7.       Bak die neute vir ongeveer 40 minute. Meng dit na elke 15-20 minute.
8.       Plaas die bakpapier op afkoelrakkies en laat die neute toe om af te koel tot kamertemperatuur. Die suikerlagie om die neute sal verhard soos wat die neute afkoel.
9.       Stoor in ‘n lugdigte houer tot benodig.