Hierdie sjokoladekoek gaan jou laat terug verlang na jou eie
kinderdae. Die ideale, maklike resep om neer te skryf vir
verjaarsdagpartytjies.
Hierdie koek kan in ‘n bierboks of 'n oondpan gemaak word binne twee ure. Daar kan ongeveer 25 blokkies uit hierdie koek gesny word.
Bestanddele:
2 koppies meel
2 koppies suiker
1 koppie kookwater
½ koppie kookoilie
¼ koppie kakaopoeier
125g botter
½ koppie karringmelk
2 eiers
½ teelepel koeksoda
½ teelepel vanieljegeursel
1 blikkie Ideal melk
½ koppie bruinsuiker
180g sjokolade van jou eie keuse (ek het Cadbury se wholenut
gebruik)
Opsioneel: Ekstra ‘sprinkles’, koekies of lekkers om die
koek te versier.
WENK: As jy nie karringmelk in die huis het nie: Meng ½
koppie melk en 1 teelepel wit asyn saam en laat dit eenkant staan vir 5 minute.
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180⁰C.
2.
Voer die bierboks of oondpan uit met foelie. Die
blink kant van die foelie moet boontoe wys. As jy ‘n bierboks gebruik, gebruik
‘n krambinder op die hoeke van die boks vir ingeval die gom in die warm oond
smelt.
3.
Sif die meel in ‘n mengbak, gooi die suiker by
en meng saam.
4.
Meng die water, olie, botter en kakao saam in ‘n
klein kastrol en bring tot kook.
5.
Gooi die warm mengsel by die meel en suiker en
meng goed saam. Maak seker daar is geen klonte nie.
6.
Meng die karringmelk, eiers, vanielje en
koeksoda saam in ‘n mengbak en voeg dit dan by die mengsel.
7.
Meng alles goed saam.
8.
Gooi die mengsel in die pan of boks.
9.
Bak vir 20-25 minute of tot ‘n toetspen/mes
skoon uitkom wanneer dit daarin gedruk word.
10.
Terwyl die koek bak, plaas ⅔ van
die blikke Ideal-melk en bruinsuiker in ‘n klein kastrol en bring tot kook
sodat die suiker smelt. Gooi die mengsel oor die warm koek sodra dit uit die
oond kom.
11.
Laat eenkant om af te koel.
12.
Wanneer die koek afgekoel het, plaas die
sjokolade en die laaste ⅓ van die blikkie Ideal melk in ‘n klein kastrol oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt het. Gooi die sjokolade oor die
koek en laat dit afkoel.
Baked it! A great success! Family and friends love the cake. Yummy 😋
ReplyDeleteDankie vir die resep! Mag ek vra wat is die mates van die oondpan ongeveer? Ek twyfel altyd oor die size want dis 'n disaster as mens dit verkeerd kry 🥺
ReplyDelete