Saturday 27 February 2016

Gestolde pynappelslaai

Hierdie is nog een van daardie resepte wat ons altyd maak as die familie bymekaar is. As jy die slaai in 'n nagereg verander, koop vir jou 'n swiss roll by jou naaste winkel, sny hom in skywe, en pak dit in 'n laag aan die onderkant van jou tertbak voordat jy die mengsel daaroor skep.


Bestanddele:

1 blik Pineapple Crush
2 eetlepels gelatien (ek verkies om net een eetlepel te gebruik as ek dit in 'n tertbak maak)
Sout
½ koppie suiker
1 eetlepel suurlemoensap
1 koppie room, styfgeklop
1 koppie roomkaas/maaskaas
1 koppie fyngekapte neute

Metode:

Maak die blik pynappel warm en los die gelatien daarin op. Voeg 'n knippie sout by en roer dit tot opgelos. Voeg nou die suiker en suurlemoensap by en roer dit tot opgelos. Laat dit eenkant om af te koel. Meng dan die roomkaas/maaskaas by en vou die styfgeklopte room in. Gooi die mengsel in 'n tertbak of gietvorm van jou keuse en sprinkel die fyngekapte neute oor. Plaas in die yskas om oornag te stol.

WENK: Vir 'n heerlike nagereg, plaas skywe swiss roll onder in die tertbak.

No comments:

Post a Comment