Friday 5 February 2016

Pastaslaai

Ek is nie oor die algemeen iemand wat lief is vir vreemde kos nie. Ek verkies alles eenvoudig, geen frilletjies en fraaitjies nie. Ek het nog nooit voorheen pastaslaai geeëet nie, want as die familie bymekaar kom is Tannie Koek se pastaslaai altyd so toegegooi onder die rou uie dat ek maar liefs net verbyhou.

My een vriendin het vir ons haar resep gemaak vir ons vakansie in Mosambiek so paar weke terug. Ek het dit nou al twee keer self vir ons by die huis gemaak. Dit is vrek lekker en die ideale middagete. Baie dankie liefste vriendin, Francoisné, dat ek jou lekker resep mag deel.

Bestanddele:

500g noodles
1 ui, fyngekap (opsioneel)
1 green pepper, fyngekap (opsioneel)
Sous:
250ml tamatiesous
25ml kerriepoeier
160g suiker
7ml sout
125ml olie (nie olyfolie nie)
125ml wit asyn
2ml peper
5ml Tabasco sous

Metode:

Kook die noodles tot amper al dente(gaar maar ferm) en spoel dit af onder koue water. Meng al die bestanddele van die sous saam in 'n klein potjie en bring dit tot kookpunt op die stoof. Laat die sous effens afkoel en gooi dit dan oor die noodles. Plaas dit in die yskas oornag
en skud die bak goed elke keer wat jy by verbyloop.

No comments:

Post a Comment