Bestanddele:
½ koppie suiker
½ koppie bruinsuiker
1 eetlepel kaneel
1 teelepel sout
⅛ teelepel rooipeper
4 koppies ongesoute neute van jou eie keuse
1 eierwit
Metode:
1.
Voorverhit die oond tot 150˚C.
2.
Meng die suiker, bruinsuiker, kaneel, sout en
rooipeper saam in ‘n mengbak of ziplock-sakkie.
3.
Gooi die eierwit in ‘n ander mengbak en klits
dit effens met ‘n vurk.
4.
Gooi die neute by die eierwit en meng goed
totdat al die neute met die eierwit bedek is.
5.
Gooi nou die neute by die droë
bestanddele en roer en skud die mengbak of sakkie goed om die neute te bedek.
6.
Bedek ‘n bakplaat met bakpapier en versprei
die neute in ‘n enkele laag daarop uit. (As jou bakplaat klein is sal jy twee
bakplate nodig hê.)
7.
Bak die neute vir ongeveer 40 minute. Meng dit
na elke 15-20 minute.
8.
Plaas die bakpapier op afkoelrakkies en laat
die neute toe om af te koel tot kamertemperatuur. Die suikerlagie om die neute
sal verhard soos wat die neute afkoel.
No comments:
Post a Comment