Saturday 30 April 2016

Tuisgemaakte Amarula karamelsous

Bestanddele:

1 koppie suiker
60g botter
60ml Amarula
125ml room

Metode:

Gooi die suiker, botter en Amarula saam in 'n kastrol. Plaas dit op die stoof oor matige hitte en roer dit gereeld met 'n houtlepel tot al die suiker behoorlik opgelos het. Wees versigtig om te brand, die mengsel word baie warm. Haal nou die kastrol van die hitte af. Gooi die room bietjies-bietjies by die karamel en roer aanhoudend. Laat die sous eenkant om heeltemal af te koel en bedien. 

Jy kan hierdie sous in 'n bottel hou op jou rak vir ongeveer twee weke. 

No comments:

Post a Comment