Ek is heeltemal verslaaf aan sjokolade mousse! Dit is juis
hoekom ek besluit het om my eerste post hieroor te doen. Vir die volgende resep
het jy net twee bestandele nodig. Dit is baie vinnig en eenvoudig om te maak en
basies heeltemal flop-‘proof’. Die grootste geheim agter die resep is om
sjokolade van baie goeie gehalte te gebruik.
Bestanddele:
·
2 velle fillodeeg
·
80 ml olie
·
50 ml versiersuiker
·
250 ml volroom melk
·
200 g Lindt 70% donkersjokolade, fyngekap
Fillowafels:
Verhit die oond tot 180 ⁰C. Sny elke vel fillodeeg in 8
kwarte met ‘n skerp mes. Plaas die kwarte bo-op mekaar en
gebruik koekiedrukkers om vormpies in die deeg te druk, of gebruik ‘n skerp mes
om ‘n woord van jou keuse uit te sny. Pak die velle nou op ‘n bakplaat wat jy
goed met kleefwerende kossproei gespuit het en verf hulle liggies met olie. Sif
nou die versiersuiker oor. Plaas die velle in die ond vir ongeveer 8-12 minute
of tot hulle goudbruin gebak het. Laat hulle goed afkoel.
Sjokolade mousse:
Verhit die melk in die mikrogolf tot kookpunt en gooi dit dan bo-oor die sjokolade. Roer dit goed totdat al die sjokolade gesmelt het en ‘n gladde mengsel vorm. Moenie dat die mengsel stol nie. Klits nou die mengsel met ‘n elektriese klitser op hoë spoed tot dik en romerig. Skep dit in koppies van jou eie keuse en plaas dit in die yskas om te stol. Sit dit voor met die gebakte fillowaffels en vars bessies van jou keuse.
No comments:
Post a Comment