Sunday 26 April 2015

Biltong-en-cheddarkaas quiche…die perfekte rugby-ontbyt!

Ek is so lief daarvoor om Suid-Afrikaans te wees, en een van my gunsteling dinge daarvan is ons rugbygees...dit is nou natuurlik naas ons taal en ons boerseuns (hiehiehie)!! Probeer bietjie hierdie quiche vir volgende naweek se rugby, dit sal beslis 'n gunsteling word!

BESTANDDELE:

1 x 400g-vel broskorsdeeg
100g cheddarkaas, grofgerasper
160g gesnyde beesbiltong (Klam biltong werk die beste)
2 eiers
250ml room
Varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE:

Verhit die oond tot 180 °C. Rol die broskorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak dunner uit en voer ’n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm daarmee uit. Sprinkel die kaas onderin die tertbak en rangskik biltong bo-op. Klits die eiers en room saam in ‘n mengbak en gooi dit oor die kaas en biltong. Geur dit met ‘n bietjie met peper na ju smaak. Bak dit vir sowat 35 minute, totdat die eiermengsel gestol het. Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.


Kry die oorspronklike resep op Sarie se webblad.

No comments:

Post a Comment