Saturday 4 April 2015

Gebakte appel tjips

April het aangebreek! As jy hierdie jaar soos ek baie hard probeer dat die aaklige winter jeans nie weer so knyp nie is hierdie idee vir jou!  Hierdie tjips is vreeslik lekker en die ideale pauselhappie as jy lus raak vir iets lekker. Ek moes dit nou al meer as een keer hierdie naweek vir ons maak. Ek sal voorstel dat jy Top Red of Golden Delicious appels gebruik vir hierdie resep.

Bestanddele:

Appels (een per persoon)

Metode:

Ontpit al jou appels en sny dit in baie dun ronde skyfies, so ongeveer 2mm dik. Plaas bakpapier op ‘n groot bakplaat en plaas die appel skyfies op die papier neer. Moenie dat jou skyfies oorvleuel nie.
Plaas die bakplaat in die oond en bak die skyfies vir een uur by 90⁰C, waarna jy dit omdraai en vir ‘n verdere uur bak. Haal dit uit die oond, laat dit effens afkoel en geniet!

Stoor hierdie tjips in ‘n lugdigte houer. (Dit is nou as jy dit nie sommer dadelik op eet nie!!)

No comments:

Post a Comment